Wie Is Ons

Meer oor ons...

Ons is die Jackson's, 'n gesin met 'n diep liefde vir ons pragtige land en veral vir Afrikaans.
Soos baie Suid-Afrikaners het ons soms moed verloor oor ons land en alles wat aan die gang is, maar ons herleef vinnig deur die herinnering van al die wonderlike skeppings en juwele wat God in ons land geskape en geplant het.
Ons probeer altyd die humor in alles soek, want 'n goeie lag, lig die hart. Ons het 'n geleentheid in die mark gesien vir unieke, praktiese produkte wat al hierdie elemente van ons AFrikaanse Kultuur vasvang.
Ons ondersteun dus ook plaaslik en probeer so terugploeg in ons eie ekonomie.
Ons glo in die gesegde "los net spore" en streef daarna om meeste van ons produkte groen en van herwonne materiaal te maak.
Saam stap ons die pad van positiewe verandering, en ons is bevoorreg om dit met jou te deel.

Verklaring

Wille Dêng is gegrond en gewortel in die beginsels van die Woord van God. Alhoewel ons hoofdoel is om mense deur humor te bereik, is ons toegewyd om nooit wellus, diskriminerende of enige humor wat die Naam van God nie eer nie te gebruik. Ons glo dat God ons besigheid sal help groei en dat Hy alleen ons kan lei en help om die regte besigheids deure oop te maak. Ons streef daarna om 'n handelsmerk te wees wat nie net vermaak nie, maar ook 'n bron van inspirasie en positiewe impak op die lewens van ons kliënte en gemeenskap te kan hê. By Wille Deng, is ons toegewyd om 'n omgewing te skep wat die waardes van liefde, respek, integriteit en geloof weerspieël. Ons aanvaar die rigting en leiding van God in ons onderneming en glo dat Hy ons sal help om suksesvol te wees terwyl ons sy Naam eer.

Volg Ons

Mandjie